My kop is vol interne dialoog
Dit warrel van intonasie
Ongespreekte insinuasie
Noanses en rym
In my kop woed ‘n eensaam dialoog
Dit maal met woorde
Taal akkoorde
Wrewel en pyn
In hierdie binnewêreld hel
Verdwyn die self
In ‘n swart gat
van soek en delf
In hierdie donker tronk
Word die antwoord ontdek
En uitgehaal
agter grendel en hek
© 2016, Annalize. All rights reserved.
2282total visits,0visits today
You must log in to post a comment.