Hoe lank kan ons brand?
Hoeveel keer kan jy ons in die vuur gooi
Voordat ons uitbrand
Doodbrand?
Hierdie keer was een keer te veel
Hierdie keer het daar iets gesterf
Hierdie keer het jou vir my bederf
Hierdie keer het jy jou hand oorspeel
Hoe lank voor ek sterf?
Hoe lank voor ek groet?
Wat bly dan nou oor
tussen hierdie as en roet?
© 2015 – 2016, Annalize. All rights reserved.
1247total visits,0visits today
Baie mooi!
As ek dalk so voorbarig mag wees om ‘n voorstel te maak, dan sal ek die tweede strofe omarmde rym maak en die intensiteit met elke reël verhoog:
Hoe lank kan ons brand?
Hoeveel keer in die vuur beland,
voordat ons uitbrand?
Jy ons doodbrand?
Hierdie keer was een keer te veel
Hierdie keer het jou vir my bederf
Hierdie keer het jy jou hand oorspeel
Hierdie keer het daar iets gesterf
Hoe lank voor ek groet?
Hoe lank voor ek sterf?
Wat bly dan nou oor
buiten as en roet?
Weereens, vergewe my voorbarigheid. Hierdie is ‘n pragtige liriek.
Ek waardeer jou kommentaar.
Die woorde vloei gewoonlik net. Ek kan meestal nie onthou wat ek geskryf het nie.
My uitlaatklep.