Die Moeder wys haar gebarste hak
Die hemel het sy hart verhard
Teenoor die kinders
Wat op sy moeder trap
Die Moeder toon haar leë skoot
Haar toorn skroei die lewe dood
Oor die kinders
Wat op haar liggaam trap
O Moeder breek die wolke oop
stort jou weëmoed oor ons land
Stu hierdie hel se vuur
Wat alles wil verbrand
© 2016, Annalize. All rights reserved.
3217total visits,0visits today
You must log in to post a comment.