Hierdie is die aantekening van ‘n reis. ‘n Reis na genesing, vrede en die ontdekking van daardie stukkie staal wat elkeen van ons binne ons het. Soms is dit begrawe onder hope gemors…
Leuens wat ons vir onsself vertel. Opinies van ander. Die verraad van ons geliefdes. Luiheid. Onregverdige en onrealistiese verwagtings. Skuldgevoelens. Gevoelens van inadequacy.
Elke dag is ‘n stryd tussen goed en kwaad, tussen liefde en haat, tussen hoop en twyfel.
Elke dag is ‘n geskenk en ‘n leerskool. Ek is meer nugter, sterker, skepties as voorheen, maar een ding is verseker. Ek is ‘n Survivor. ‘n Vrou met ‘n stukkie staal binne in haar. Staal wat elke dag blinker en meer sigbaar word.
© 2012, Annalize. All rights reserved.
271total visits,0visits today
Ek was lank terug waar jy nou is. Wel miskien nie so lank nie,,,vier jaar. Dit voel soos ‘n leeftyd. En dis ‘n blerrie harde pad.
‘n Pad wat ek nou eers begin loop. Die laaste jaar was ‘n rollercoaster ride. Op en af, onderstebo en agterstevoor. Die werklikheid van die besluit om weer te probeer het my nou eers getref.. Moet my kop probeer ophou en oophou.
Sterkte, dit kan. Maak maar reg vir ‘n paar goeie blow ups.
Ek is waar jy is, het 9 maande terug uitgevind van die verraad en ‘n kind uit die verhouding en ek sukkel maar een tree op ‘n slag vorentoe. Dis ‘n moeilike alleen seer pad.