Die Mis

image

Ons stappie in die mis by Kaapschehoop het my laat dink aan my lewe.

Ek het al soveel keer blindelings rondgestap in digte mis. Sonder dat ek weet waar ek is of waarheen ek gaan.

Dan verskyn daar ñ onverwagse verassing in die mis. Iets wat jou asem wegslaan en jou hart vinniger laat klop. ñ Oomblik van loutere vreugde.  ñ Simbool van hoop.

Ander kere moet jy doelbewus kies om die mooi te soek.

Dan begin jy weer die alledaagse mooi raaksien en dit vul jou hart met stille dankbaarheid vir dit wat jy het. Klein dingetjies wat jy in die helder sonskyn as vanselfsprekend aanvaar kry nuwe betekenis.

Wanneer jy dan terugkyk na daardie tyd in jou lewe vorm die mis slegs die agtergrond vir daardie mooi oomblikke.

As die mis wegtrek skyn die son altyd weer. 

© 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Nuwejaars voornemings en ander jazz

Ek wil meer skryf.. Ek moet meer skryf. Dit is altyd die eerste ding wat afgeskeep word as my lewe chaoties is. Die sleg daarvan is dat dit die een ding is wat ek broodnodig het om my lewe minder chaoties te maak! So nuwejaars voorneme nommer 1: Skryf, al is dit net een sin per dag.

2015 was ñ Wonderlike jaar. Op 6 Januarie 2014 het ek en my eksman in ñ onbeplande, vreemde whatsapp flirtasie betrokke geraak.

Om dít beter te verstaan moet jy eers verstaan dat ons egskeiding nie ñ gewone een was nie. Ons kon dit nooit heeltemal regkry om heeltemal koudbloedig te ‘skei’ nie. Hy was in ñ gekompliseerde verhouding met die flossie, maar ek en hy…wel dit was nooit heeltemal so verby dat ons kon verander in ekse wat net op ñ formele manier met mekaar kon kommunikeer oor ons kinders se reëlings en behoeftes nie. As ons langer as een minuut in mekaar se geselskap is het ons gekuier.

Die vriendskap band was sterk, maar daar was ook iets anders in die lug.. Ons verhouding was altyd anders as ander mense s’n. Ons het die pad byster geraak en alhoewel hy die een was wat ñ verhouding gehad het het ek geweet ek was ook skuldig in die verwaarlosing en verbrokkeling van hierdie huwelik. Ons het drie jaar gevat om by die punt te kom waar dit werklik verby was. En selfs toe was dit ek gewees wat hom gedagvaar het, alhoewel ons saam besluit het dat dit beter sal wees vir ons.

Hy het in die drie jaar telkemale gesê dis verby en uitgetrek, maar nooit kon hy op ñ punt kom wat hy wou skei nie. Ek was moeg baklei en het geweet dat ek ñ beter kans het om hom terug te kry as ek hom 100% laat gaan. Ek het geweet hy en Flossie sal nie uitwerk nie. Hy moes dit net sien. Ek het altyd met hom gespot en gesê Junie 2014 is ons terug by mekaar! Ek het dit geglo met my hele hart.

Hy het in Oktober 2014 saam met my hof toe gegaan om ons egskeiding te bekragtig. Dit was die slegste dag van my lewe. Ons het saam gehuil. Mekaar ondersteun. Vreemd.. Hy het gesê dit was ñ fout..Die drie jaar voor ons egskeiding was hel. Die onsekerheid. Die hartseer. Die woede. Die alleenheid. Die VREES!
Die dag van ons egskeiding was dit asof ek in ñ vuuroond gegooi is en gelos is om te brand totdat daar net as oorbly. Ek het gevoel asof ek wil doodgaan. Ek het geweet hy gaan nou openlik aangaan met sy drie jaar lange skelm verhouding. Ek het geweet my kinders gaan haar nou moontlik ontmoet. Ek het geweet dat dit verby is.. Ek het daardie aand langs my swembad op die grond gesit en huil..ek het geween vir dit wat ek verloor het en nogsteeds so graag wou hê. Ek het ñ bottel wyn opgedrink. (Die kinders was by hom) Ek was lief vir hom en ek het geweet dat dit ñ liefde is wat op ñ bonatuurlike wyse in my hart geplant is deur die Here. ñ Liefde wat nooit sal doodgaan nie en ñ liefde wat nooit vervang sal word nie.

Ek het gedurende die drie jaar baie sterker geword. Ek was naby aan my Vader. Ek het dit reggekry om te thrive en geluk te ervaar ten spyte van my hartseer en verlange. Ek het ñ doelgerigte lewe geleef en vasgehou aan die Here se beloftes.

Daar het ñ paar dinge na ons egskeiding gebeur..my geliefde eksman het tot bekering gekom. Dit waarvoor ek gebid het het waar geword. Sy en flossie se verhouding het deur ñ krisis gegaan..ek was glo die grootste probleem😋 dit het op ñ punt gekom waar hy haar ware kleure gesien het en self kon aanvaar dat dit nie gaan uitwerk nie.

Ons het gestry en baklei oor die kinders. Die 5de Januarie was so ñ aand..ek kan nie onthou waaroor ons baklei het nie. Ek weet die kinders was by hom. Dink dit het gegaan oor die nuwe meenthuis wat hy gekies het. Ek het gedink dit is nie veilig vir ons 2jarige kind nie..ek het hartseer gaan slaap.

Die volgende dag toe ek terugry van die werk af, het ek ñ jammer boodskap gekry van hom af, iets van jammer dat hy altyd die verkeerde knoppies druk…ek het by ñ petrol stasie gestop en braaf getik as ñ ‘ernstige’ grappie..jy kan enige tyd my knoppies druk. Dit was net daar verby..ons het begin met ñ grapperige flirtasie en wel later was dit nie meer grapperig nie..die res is geskiedenis.

Dit is vir my belangrik om terug te kyk na hierdie oomblik, more presies ñ jaar terug en daardie vreugde te onthou..daardie opwinding te onthou..daardie eerste pynlik mooi, seer lekker, eerste omhelsing en soen te onthou. Die sug van verligting wat hy gegee het, die oorgee aan dit wat ons al lankal geweet het, die samesmelting van twee verlore harte. Hoe ons na mekaar gekyk het en nie kon glo dat hierdie nagmerrie verby is nie.

2014 Was ñ wonderlike jaar, maar dit het ook sy uitdagings gehad. Ons kinders was jaloers op ons nuutgevonde liefde, ons moes deur ñ paar dinge werk en die belangrikste..ons moes tyd inruim vir romanse en gesels. Ek wonder hoe doen mense dit wat elkeen kinders van hulle eie het? Ons moes weer aanpas as ñ couple. Ek was baie onafhanklik en jaloers op my alleentyd..en hy het dit ook nodig gehad.

Nou lê 2015 voor en ons is altwee 10kg swaarder..Geluk het ñ prys! Ons is weer saam in ñ ratrace met drie demanding kinders, finansies wat moet klop, dinge wat breek, werk wat eise stel..ja mense die sprokie het so effens sy glans verloor.

Wat wel nie glans verloor het nie is my dankbaarheid en liefde. Elke oggend word ek wakker en as ek hom sien dan sê ek dankie Here.

So my tweede nuwejaarsvoorneme..is om te LEEF!
Die lewe is kort. Geluk is nie ñ given nie. Waardeer mekaar, flirt met mekaar, koester mekaar, soen mekaar, hou mekaar vas, gaan slaap saam met mekaar in die aand, wen mekaar elke dag, maak tyd vir mekaar en speel met mekaar. Wys jou liefde elke dag. Praat met jou hartsmense. Gryp elke oomblik. Sien die mooi raak en hou moed wanneer dinge nag raak. Ek glo in wonderwerke!

Happy 2015!

© 2015 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Oujaar aan die einde van die nuwe jaar

100_7169

2013 Was ‘n hartseer jaar, maar selfs in hartseer en pyn is daar altyd mooi en vreugde in oorvloed.
My grootste ontdekkings was:
Ek is deur die Here se genade en met die Here se krag sterker as wat ek in my wildste drome kon besef. Leef in die oomblik, want dit is waar jou vreugde lê..al lyk more donker is daar in die oomblik altyd iets wonderliks om jou of by jou. Waardeer dit wat jy het en koester dit. Selfs in buitengewone omstandighede kan ‘n gesin floreer, want liefde en sekuriteit begin by die wete dat God in beheer is en kinders is nooit te jonk om dit te leer nie.
Wonderwerke gebeur elke dag orals om ons. Daar het groot wonderwerke gebeur, maar ook daaglikse klein wonderwerke. Ek lewe met my oë oop en ek sien.
Vriende en Familie gee jou vlerke in swaar tye, lag saam met jou wanneer dit al is wat oorbly om te doen en raas soms wanneer dit nodig is..ek het hierdie jaar ongelooflike liefde ontvang.
Liefde moet verniet weggegee word, aan almal, want dis wat ons by Jesus leer.
Ek het ook geleer dat ek mag foute maak en mag verkeerd optree, ek is ‘n mens, maar ek weet ook dat daar nie oordeel is nie, want ek staan onder die bloed van Jesus. Hy het gekom vir gebrokenes. Dit is Vryheid!
Ek het ontdek dat ek ongelooflik mal is oor bergfiets ry..dit laat my soos ‘n kind voel.
Ek het ontdek dat ek oomblikke van absolute vreugde moet skep
Ek het geleer dat ek moet opstaan in die oggend..want selfs wanneer dit voel asof jy jou kop onder die kussing wil hou is daar ALTYD ‘n rede om op te staan
Ek het geleer dat die LEWE GELEWE moet word, met passie en dankbaarheid.
Ek is dankbaar vir soveel dingetjies, my kinders se gesondheid en lewenslus, my kinders se drukkies en soentjies in oorvloed, my huis, want dit is waar my hart is, mense wat oor my pad gestuur word, mense wat elke dag deel is van my lewe, voorregte, familie, asemhaal!
Die Here het vir my ‘n pad in die woestyn gemaak en ek stap dit in geloof en met opgewondenheid. 2014 gaan GREAT wees!

Ek kyk vandag terug na my woorde van 31 Desember 2013 en dank die Here vir my LEWE.
Elke belofte het waar geword. Hy is en was getrou.
Is die pad wat ons nou stap maanskyn en rose?
I wish.. dis wel ‘n pad van genade, want net soos die Here genadig was so het ek geleer om genade te leef.
Hy kan werklik ‘n pad in die woestyn maak.

 

© 2014 – 2017, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Mure

Vandag was een van daardie dae.
Ek het verkeerd opgestaan. My kop dof. My oë onwillig om in die spieël te kyk.
Ek weet nie of dit hormonaal is, of net die tyd van die jaar is nie? Alles is verkeerd. Die skerpte van die lig buite, die reuk van die grond. Vanoggend selfs die geluid van reën. Dit bring verkeerde emosies na vore, verkeerde herinnerings.
Sulke oggende soos vanoggend wil ek myself oorgee aan die seer. Die seer van dit wat verkeerd gegaan het. Dit is asof my wonde stywe litteken weefsel gevorm het, stywe tendons, kontrakture. Die bom wat my vel afgestroop het het aaklige opgehewe littekens veroorsaak. Wanneer ek dit verwaarloos dan voel ek dit.
‘n Jaar later, ek het alles waarvoor ek gebid het, maar ek voel vandag asof ek gal kan braak. Hierdie seisoen waarin ons laas jaar geskei is sal altyd ‘n bitter smaak in my mond laat.

Ek haal dit uit op jou. Sê dinge wat my skaam maak. Ek vermy oogkontak en vlug selfsugtig weg van jou af. Ek weet ek is verkeerd, maar kan dit nie help nie. Ek is terug in die verlede. Ek voel weer die seer. Jy is vanoggend die vyand. Ek wil jou slaan, ek wil jou blameer, maar ek het nie die moed om eerlik te wees nie.
Nou hardloop ek weg. Werk myself nog meer op. Gee oor aan die irrasionele en kies doelbewus om die stem van rede te ignoreer. Jy maak ‘n fout. Ek verlustig my daarin, want nou het ek ‘n rede om kwaad te wees.

Nou, ‘n hele paar uur later, voel ek die gevolge van my optrede. Ek sit hier en jy is in ons kamer. Die MUUR is opgerig en ek voel ver van jou af.

En dan terwyl ek hierdie skryf gebeur daar iets.
Ons dogter praat in haar slaap. Ons stap saam na haar kamer toe. Ons oë ontmoet en ons lag saam vir haar gebrabbel. En skielik voel ek weer na aan jou. Die muur was ‘n prefab een. Maklik om om te blaas.

© 2014 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Huwelike

Malachi 2:13-15 And this you do with double guilt; you cover the altar of the Lord with tears shed by your unoffending wives, divorced by you that you might take heathen wives, and with your own weeping and crying out because the Lord does not regard your offering any more or accept it with favor at your hand. Yet you ask, Why does He reject it? Because the Lord was witness to the covenant made at your marriage between you and the wife of your youth, against whom you have dealt treacherously and to whom you were faithless. Yet she is your companion and the wife of your covenant made by your marriage vows. And did not God make you and your wife one flesh? Did not One make you and preserve your spirit alive? And why did God make you two one? Because He sought a godly offspring from your union. Therefore take heed to yourselves, and let no one deal treacherously and be faithless to the wife of his youth.
For the Lord, the God of Israel, says: I hate divorce and marital separation and him who covers his garment his wife with violence. Therefore keep a watch upon your spirit that it may be controlled by My Spirit, that you deal not treacherously and faithlessly with your marriage mate.

Ek ROU oor my huwelik wat verby is. My hart huil en ek weet die Here, my God huil saam met my, want dit was nie Sy plan vir my huwelik nie. Was dit in God se wil dat ek geskei is? Nee.. Dit was as gevolg van ñ keuse wat gemaak is deur ñ mens wat in duisternis geleef het. Satan se wil het geskied. Die waarheid is gespreek reg na ons egskeiding… Dit was ñ fout..
Huwelike is heilig in die oë van die Here.
Die Here is teenwoordig by die verbond wat gesluit word tussen man en vrou.
Hy was getuie..dalk trou mense te vinnig..soms moet jy vir jou eie veiligheid skei..maar soms het dit bloot te doen met die onvermoë om in waarheid te lewe en dan loop dinge skeef.

Ek sou hierdie vrydag 16 jaar getroud gewees het. Al wat ek onthou was hoe lief ons mekaar gehad het. Hoe sterk die konneksie was. Hoe ons nie kon ophou kyk na mekaar op daardie dag nie. Hoe daar nogsteeds ñ konneksie is.. Die lewe gebeur..mense maak foute..party mense besef dit en werp alles in die stryd, ander is nie bereid om die keuse te maak nie.

Keuses het gevolge. Die gevolge kring uit na almal in jou lewe. Dit is soos ñ kosbare, familie erfstuk blompot wat val..jy plak dit met superglue vas, maar dit lyk nooit weer dieselfde nie. Dit beteken wel nie dat die blompot vir JOU waarde verloor nie. Dit lyk dalk anders, maar vir jou bly dit kosbaar. Die ander mens wat ook aan die blompot waarde geheg het kan nie daarmee deal dat dit nie perfek is nie..wil dit wegsteek in ñ kas of dit vervang. Dit verander nie die feit dat die blompot daar was nie.

Pas mekaar op, pas gesinne op. Waak teen versoekings en leuens. Lewe in die lig en die waarheid.
God kan mense en situasies in ñ oomblik verander. Vergifnis en genade is verniet en BEVRYDEND…maar dit verander nie die feit dat God huil oor elke huwelik wat in die skeihof beland nie. So ek gaan ween en treur oor hierdie daad wat deur God as geweld gesien word..dit ís geweld. Dit pluk jou uitmekaar..

20131216-104526.jpg

© 2013 – 2018, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Lewe

24/08/2013

Ek sit onder ñ boom wat besig is om te bot.  Van naby af kan jy dit nie eens sien nie.

Onder is die stam swart van twee jaar terug se byna vernietigende brand. As jy ñ paar tree terug staan sien jy die heldergroen nuwe blaartjies aan die bopunt van die boom.
Soms moet jy ñ paar tree terug staan om die volle prentjie te sien.

Wat is dit aan dood wat ons laat dink aan lewe en hoekom dínk ons aan lewe as ons klaar lewe?

Ons is so broos, kwesbaar, nietig en ménslik.
Ons het die vermoë om te kies wat ons doen met dit wat ons het. Ons kan nie altyd beheer wat met ons gebeur nie, maar ons kan kies hoe ons optree.
Die pad tussen ons gedagtes en ons hande is soms te kort en ons kies verkeerd.
Daardie keuses het soms hartverskeurende gevolge.
Ons kan kies om dit wat kosbaar is te koester.
Soms moet mens terugstaan en kyk.
Soms moet mens stilstaan en luister.
Soms moet ons ons arms om onsself slaan en voel.
Soms moet ons net na mekaar toe draai en weer sien.
Soms moet ons iemand se hand vat en vashou.
Soms moet jy kies om oor te gee en soms moet jy kies om om te draai..
Soms moet jy kies om iets wat kosbaar is agter te laat, want dis ál wat oorbly om te doen..Al breek dit jou hart, maar jy gee nie op nie..jy gee net oor aan die Here.
Selfs dan moet jy lewe, want ñ stukkende hart laat jou nie ophou asemhaal nie.
Liefde is veronderstel om verniet te wees, nie ñ sinnelose spel nie.
Wanneer liefde gemeet word aan verdienste..is die prys te duur.

20131215-141611.jpg

© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Die pad

photo
Tussen vrede en stryd
Tussen donker en lig
Tussen hoop en verwyt
Tussen wil en plig
Loop daar ñ pad
Met ñ blaredak
Kaler in herfs
Groener in somer
Nou kort daar reën
Hemelse seën
Die pad steeds daar
Net grou en baar
Ongestap
Maar uitgetrap
Die seisoen moet draai
Na storms kom lewe
Na oorlog kom vrede
Selfs na dood
ñ bietjie hoop

© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Die Dans

image
Sy het gedans
Arms omhoog
Sy het gedans
Met blinde geloof
Sy het gedans
Om haarself te vind
Sy het gedans
Met niks wat haar bind
Sy het gedans
Met haar oë gesluit
Sy het gedans
En vergeet van tyd
Sy het gedans
Alleen gedans
Op die ritme
Van ‘n nuwe kans

© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Gebreek

05/2013

In die lig van die dag
In die stilte van die nag
Beleef ek die seer
Wonder ek, hoe kon dit gebeur?
Dat jy, my beste vriend
My man
My so kon verraai
My opsetlik kon verstoot
Hoe vergeet mens die daad
Wat met vennyn en kwaad
Jou gees vertrap
En jou siel verswart
Hoe vergeet mens die pyn
Wat met vuur en vlam
Jou hart laat breek en
Jou liggaam laat knak
Hoe onthou mens weer
Om te vertrou
In jou woord en daad
Sonder twyfel en met oorgawe
Te glo dat ons twee weer
Heel en een
Saam sal leef

© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Nuut

03/08/2013
NUUT
image

Na elke nag ñ nuwe dag…
Iewers tussen die nag en die dag onderskep God jou drome
Iewers tussen die donker en lig word daar ñ belofte gebore van ñ nuwe begin
Elke begin het ñ einde
Of dit nou dood is of skei
Elke einde het ñ begin
Na die dood weer lewe
Na die dood van ñ huwelik baie keer die geboorte van ñ núwe self
ñ Herontdekking van vreugde en geluk
ñ Besef van hoe jou passie gedemp was, hoe dood jy in die binnekant was
Hoe afgetakel jou gees was, hoe jy jouself verloor het in jou desperaatheid om iemand anders gelukkig te hou
Dít is meer tragies as skei
Die dood is finaal…egskeiding ook
Jy kan nooit weer teruggaan na dit wat was nie, maar daar is àltyd hoop vir ñ nuwe begin

Passenger: Live until you die

And then I stumble down to the stomach of the town
Where the widow takes memories to slowly drown
With her hand to the sky and a mist in her eyes she said:
Don’t you cry for the lost, but smile for the living
Because life’s for the living so live it..or you’re better off dead

© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share