Waansin

Die vervelige eentonigheid.
Die grysheid van my lewe.
Daar moet meer wees as hierdie?
Buite is ek besadigd en binne ñ orkaan. Die druk bou op en op, en my vel wil ontplof.
Is hierdie hoe waansin voel? Is ek besig om gek te word?
Woorde spoel deur my kop. Dit swem in my gedagtes. Woorde beelde, beelde woorde.
Dit moet uit.
Dit moet uit.
Helaas, spoel dit af in hierdie drein van eentonigheid en versmoring.
Dit gaan net verlore..
My stem word hees, rou geskuur teen die verset wat daarin vas steek.

Soms, is die drang om te vlug so erg dat my asem wegraak. Dat my handpalms sweet.
Dan verplaas ek myself na ñ plek waar daar stilte is. ñ Plek waar daar ñ berg is. En ñ boom.
Waar daar vrede is.
ñ Bietjie stilte en genade.
In hierdie plek, my plek, is daar net plek vir my. My en my woorde.

© 2015 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Gebreek

image

Toe alles gebreek was
Het jy gekom
Met lag en hart
weer heel geplak
nuut gemaak
My hart geraak

my hoop gegee
My hand geneem
Met hart so sag
My weer laat lag
Alles perfek
Mekaar ontdek

Toe alles heel was
Ons hart verloor
Mekaar beloof
Voor ñ berg
Om Lief te hê
Tot ons sterf

Toe die lewe gebeur
Het die glas gebars
Onsigbaar geskeur
Onder vernis en hars
Drome gedroom
Onder aparte boom

Ons hart en siel
Drie kinders verniel
Inmekaar gevleg
In vel gekerf
Ons liefde en bloed
Ons voorbeeld en moed

Vel afgestroop
waarheid ontbloot
My gebreekte hart
My kop verward
Kan nie verstaan
Dat jy moet gaan

Die tou geknip
Die papier geen nut
My beste vriend
Net weggeruk
Hoe moet ek weet
Om voort te leef
Sonder jou reuk
Wat orals kleef
Sonder jou asem
In ons huis
Sonder jou lag
Elke dag
Sonder jou hitte
In die nag

© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share