In die oggend breek ek jou tentjie af
En kry leidrade van eet en lag
Ek rol slaapmatte op
stamp my kop
En onthou die vreugde van die dag
In die middag slaan ek jou klavier toe
En sien weer jou half geslote oë
Ek vryf oor die hout
Donker en oud
En hoor weer die klanke van jou droom
In die aand streel ek jou tenger rug
En sien weer jou helder giggel lag
Ek soen jou gul mond
Pienk en rond
En voel jou taai handjies op my gesig
Nou in die weerkaatsing van die maan
Lê ek knus teen jou bekende bors
Ek hou jou lyf vas
Waarteen ek pas
En my hart weet hierdie is my rus
© 2016, Annalize. All rights reserved.
1710total visits,0visits today
You must log in to post a comment.