DIE BOM

Die bom het verwoesting gesaai
Alle rede afgemaai
Bloed en derms gespat
Oor ons kamermuur die mat
My borskas oopgeruk
my vel afgepluk
my binneste ontbloot
my verweer afgestroop
tot ek leeggebloei lê
sonder enige woorde om te sê

© 2012 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

1213total visits,5visits today

One thought on “DIE BOM

  1. Reblogged this on Die Affêre and commented:

    Soms het ek nodig om hierdie te lees om te onthou hoe ware pyn voel.
    Hoe rou ek was.
    Dan vergelyk ek dit met nou en dán ervaar ek dankbaarheid in die suiwerste vorm.
    Voorheen sou my lewe nou normaal gevoel het. Nou beskryf ek hierdie ordinêre bestaan van my as hemels.