Ek mis jou
Al is jy hier
Ek soek jou
Al staan jy reg voor my
Hoekom staan jy in die donker?
Alles wat jy nodig het
Is in die lig
Laat my toe om jou lief te hê
Laat my toe om jou weer te ken
My arms is oop
My hart vir altyd joune
My Lief, stap die steil pad huis toe
Ons wag vir jou
Party keer voel dit asof daar ‘n ewigheid verloop het vandat ek hierdie gedigte geskryf het.
Daar het verseker ‘n leeftyd se leef plaasgevind.
Nou die dag iets gelees wat so mooi hierby aanpas..
Hoekom staan jy buite as die deur wawyd oop staan.
Wel, partykeer is dit te warm binne, partykeer het jy nodig om vars lug te voel, partykeer is jy net nie lus om in te kom nie. Partykeer lyk dit wat buite is meer aanloklik as dit wat binne is.
Dis alles goed en wel, maar moet dan nie ‘n agterdeur soek as jy die voordeur van die hand gewys het nie. Moenie deur ‘n venster probeer klim as die agterdeur toe gegrendel is nie…en moet beslis nie deur die skoorsteen probeer klim nie, want daar wag ‘n pot vol kookwater..
© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.
1295total visits,0visits today
Cool gedig
Dis seker bietjie laat om nou te reageer…maar, Dankie!