My Dogters
Wat sal ek eendag vir julle wil sê
oor die liefde?
Dit proe soos heuning
en steek soos ñ by
Dit maak jou dronk en onnosel
Dit laat vergeet jou van goeie voornemings
Dit laat jou baklei
Dit maak jou week,
laat jou huil van ontroering
Beroof jou van jou asem
Dit gee jou hoop en verbysterende krag
Dit lig jou op totdat jy sweef tussen die wolke
Dan smyt dit jou neer en kry jy weer seer
Die liefde my kind, is altyd effens blind
Liefde bestaan uit tweede kanse
Liefde beteken jy gee ñ deel van jou hart en hoop die ontvanger pas dit op
Liefde laat jou toe om mense jou wêreld te maak
Het ek al gesê dit laat jou jou sinne verloor?
En tog is dit op daardie oomblik die moeite werd
As ontnugtering jou sinies maak gee daardie smaak van liefde jou ñ rede om weer te probeer.
Laurika Rauch sing ñ lied
‘As die liefde jou geraak het, voel vryheid soos ñ tronk’
Liefde, my Dogters is die kerndeel van alles.
Dit het die krag om alles te oorwin, maar moet dit nie die mag gee om jouself te laat verdwyn nie.
Liefde
Mamma
© 2015 – 2016, Annalize. All rights reserved.
1249total visits,0visits today
You must log in to post a comment.