Droog

drought11-300x187
Die Moeder wys haar gebarste hak
Die hemel het sy hart verhard
Teenoor die kinders
Wat op sy moeder trap

Die Moeder toon haar leë skoot
Haar toorn skroei die lewe dood
Oor die kinders
Wat op haar liggaam trap

O Moeder breek die wolke oop
stort jou weëmoed oor ons land
Stu hierdie hel se vuur
Wat alles wil verbrand

© 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Stapelgek

As ek jou nie haat nie
Is ek lief vir jou
As ek jou nie liefhet nie
Haat ek jou
Liefhê haat
Gelukkig kwaad
Stilte praat
Vyand maat
As ek jou nie het nie
Mis ek jou
As ek jou nie mis nie
Laat gaan ek jou
Begin verby
Verby begin
Deurmekaar
Verby mekaar

Jy en ek
Ons is stapelgek.

© 2016 – 2017, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share