Leeg

10/06/2013
Die siende blind
ñ weggooikind
Pyn wat ruk
Vel afpluk
ñ hart wat breek
ñ tong wat smeek
ñ brein wat weet
jou liefde is wreed
Die seer te erg
Vir hierdie berg
Bloed en geen
Drie keer geseën
Brose siel
Wat ons verniel
Weg gesmyt
Op gebruik
Leeg gehuil
Leeg gegee
Leeg getap
Plat getrap

© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

GEBREEKTE BENE

Breek my bene, slaan my met ‘n stok..woorde maak die seerste. Skop my eenkant, rol my weg…woorde breek die meeste..

Wie gaan my vang as ek val? Wie gaan my troos as ek huil?
Ek staan by ‘n kruispad. Voel rigtingloos, maar moet kies. Die pad van minste weerstand haal my in..gebreekte beloftes, gebreekte gees. Ek kies die moeilikste pad, die een wat my knak. Ek staan op en val weer. Ek verloor rigting, ek loop in die rondte. Ek mis my vriend, ek moet hom laat gaan. Ek draai my rug, kyk ‘n paar keer terug. Is jy hartseer en alleen? Sal dit help as ek jou bel? Jy is my held èn my swakheid. Wie gaan my vang , want ek is besig om te val.

Afgebreek, nie goed genoeg. Ek is te bang om te sink, te bang om te swem. Ek groet vriende ek voel seer. Jy draai terug en doen dit maar weer. Is ek besig om my kop te verloor. Hoe kan die seer my so bekoor? Hoe kan ek so bang wees om te verloor… dat ek bly vasklou aan ‘n droom.

Jy is my swakheid my teer punt. Die seerste is, jy weet dit. Jy stoot my weg en trek my in. Elke gety ‘n nuwe bui. Staar my aan, paai my met woorde, as jy my het draai jy jou rug en die koudheid deurtrek my bloed, want hierdie spel is vir jou net ‘n klug.

© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Die bokskryt

Dis ñ jaar later. Ek het baklei soos ñ ou bokser. Elke beweging wat daar is probeer. Hy het dit gekeer, geblok, gesystap. Ek het moeg geword…my arms laat sak…oorgegee en gewag vir die dodelike uitklophou wat gaan kom. En dit het. Ek het die planke hard getref en vir ñ oomblik net bly lê. Met ñ gesuis in my ore en donkerte wat my soos ñ kombers toemaak…maar ek moes weer opstaan. Die lewe aanpak met my gebreekte lyf, mense in die oë kyk met my toegeswelde oë. Ek moes wéér in die kryt klim.

© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

Gebreek

image

Toe alles gebreek was
Het jy gekom
Met lag en hart
weer heel geplak
nuut gemaak
My hart geraak

my hoop gegee
My hand geneem
Met hart so sag
My weer laat lag
Alles perfek
Mekaar ontdek

Toe alles heel was
Ons hart verloor
Mekaar beloof
Voor ñ berg
Om Lief te hê
Tot ons sterf

Toe die lewe gebeur
Het die glas gebars
Onsigbaar geskeur
Onder vernis en hars
Drome gedroom
Onder aparte boom

Ons hart en siel
Drie kinders verniel
Inmekaar gevleg
In vel gekerf
Ons liefde en bloed
Ons voorbeeld en moed

Vel afgestroop
waarheid ontbloot
My gebreekte hart
My kop verward
Kan nie verstaan
Dat jy moet gaan

Die tou geknip
Die papier geen nut
My beste vriend
Net weggeruk
Hoe moet ek weet
Om voort te leef
Sonder jou reuk
Wat orals kleef
Sonder jou asem
In ons huis
Sonder jou lag
Elke dag
Sonder jou hitte
In die nag

© 2013 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share