DIE BOM

Die bom het verwoesting gesaai
Alle rede afgemaai
Bloed en derms gespat
Oor ons kamermuur die mat
My borskas oopgeruk
my vel afgepluk
my binneste ontbloot
my verweer afgestroop
tot ek leeggebloei lê
sonder enige woorde om te sê

© 2012 – 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share