Výf!

Dit was lig toe ek wakker word vanoggend.

ñ Vreemde verskynsel wat amper nooit gebeur nie. My jongste word as ñ reël voor die voëltjies sing wakker.

Ek hoor die televisie en trek my kamerjas aan om te gaan kyk. Lielie sit soos ñ groot juffrou voor die TV met die remote in haar hand en ñ papbakkie op die vloer.

‘Ek het uitgefigure hoe die remote werk!’ sê sy opgewonde
‘Ek is výf jy weet.’

Ek hef my oë op na die dak en sê saggies ‘Dankie Here!’

Nóg ñ mylpaal is bereik.
Ek sien al hoe ek naweke kan laat slaap en in die bed lees en..

‘Ek het gesien hoe ñ oom ñ ander oom slaan dat hy bloei. Ek het net my oë toegedruk, ek was nie rêrig bang nie.’

Pop..bars my bubble.

Ek stap met sleepvoete terug kamer toe en vertel vir Quentin dat ons wonderwerk komplikasies het.

‘Parental control’ sê hy en ek gee ñ sug van verligting.

‘En Coco Pops, wat sy kan droog eet!’ sê ek, want sien, Sussie het probeer uitfigure hoe die mikrogolf ook werk en het vir my in kleur en geur van die liggies vertel wat dit gemaak het toe sy haar bakkie mét die lepel ingesit het.

© 2016, Annalize. All rights reserved.

Deel met jou vriende!
Share

925total visits,2visits today